|
Die Abraham Kriel Maria Kloppers Kinderhuis, handeldrywend as Abraham Kriel Kindersorg, is 'n Artikel 21 maatskappy, onder toesig van ʼn Raad van Direkteure. Besonderhede van lede van die direksieDie Raad van Direkteure is soos volg uiteengesit: Mnr. J D de Villiers. Ook die voorsitter van die Ouditkomitee en lid van die Finansiële-en Risikokomitee en adviserende lid van die Strategiese Komitee Mev. I Fourie Geoktrooieerde Rekenmeester KPMG en ook lid van die Ouditkomitee Mev. S M Hay Ook die voorsitter van die bemarkingskomitee Mnr. G W le Roux (Voorsitter) Ook voorsitter van die Strategiese, Finansiële, Risiko en die IT-komitees en lid van die Appèlkomitee Ds. M S Makgale Ook voorsitter van die Bestuur Advieskomitee (Emdeni-kampus) Mnr. L B Mlotshwa (Ondervoorsitter) Ook lid van die Strategiese Komitee en Voorsitter van die Besoldiging en Menslike Hulpbronnekomitee Mnr. P S Momsen (Hoof-Uitvoerende Beampte) Ook lid van die strategiese finansiële en risikobestuur, die bemarking, die Bestuur Advieskomitee (Emdeni-kampus), die professionele en die IT-komitees en 'n adviserende lid van die Besoldiging en Menslike Hulpbronnekomitee Mev. C Seefort Ook ʼn lid van die Besoldiging en Menslike Hulpbronnekomitee Ds. D J Taiwe Ook lid van die gesamentlike werkkomitee - Emdeni Kampus Ds. P M Strydom Ook die voorsitter van die Professionele Komitee Adviserende lede: Mnr. B Fait : Bestuurder Finansies en Administrasie, Abraham Kriel Kindersorg Ds. H A van Rooyen : Predikant, Vergesig NG Gemeente Verantwoordelikhede van die Raad van Direkteure
Die Raad se primêre verantwoordelikhede sluit in bepaling van die maatskappy se missie en waardes, strategiese riglyne, identifisering van sleutelrisiko-areas en sleutelprestasie-indikatore van die maatskappy se aktiwiteite. Dit gee ook ʼn oorsig van die maatskappy se prestasie gemeet aan ooreengekome doelwitte, bediening van advies en beheer oor betekenisvolle finansiële sake, sowel as ʼn oorsig oor die prestasie van die uitvoerende bestuur gemeet aan gedefinieerde doelwitte. King III
Die Raad van Abraham Kriel Kindersorg onderskryf die beginsels van King 111 en poog om die King 111-bedryfskode in alle materiële aspekte te implementeer. Gapings wat aan die lig kom in gapingsanalise, word aangespreek. Geïntegreerde verslaggewing sal in die jaarverslag van die 2011/2012 finansiële jaar geïmplementeer word. Volhoubaarheid
Die Raad van Abraham Kriel Kindersorg beaam dat die volhoubaarheid van ons bedryf integraal verbind is aan die effektiewe rentmeesterskap van ons omgewing. Die Omgewingsbeskermingstrategie van die maatskappy het sy oorsprong uit ʼn opregte begeerte om betekenisvol by te dra tot die beskerming van die aarde en sy bronne, om sodoende die omgewing, waar ons opvolgers versorging en ontwikkeling sal bied aan toekomstige geslagte kinders, te bewaar. Die primêre doelwit van die Omgewingsbeskermingstrategie is om die koolstofvoetspoor van Abraham Kriel Kindersorg te verminder ten einde by te dra tot die herstel van die gesondheid van ons onmiddellike omgewing. 'n Toekenning van die 'NLDTF' het Abraham Kriel Kindersorg in staat gestel om die installering van sonkrag-geisers te voltooi in 505 van ons punte van verbruik. Hierdie installasies reduseer elektrisiteitsverbruik reeds met 31% gemiddeld in 'n maand-tot-maand vergelyking tussen 2010 en 2011 by ons Langlaagte Kampus. Die program verminder nie alleen die koolstof-voetspoor van Abraham Kriel Kindersorg nie, dit verbeter ook langtermyn finansiële volhoubaarheid deurdat dit ʼn substansiële vermindering in elektrisiteitskostes meebring. Die verskuiwing van die klem na gemeenskapsorg- en vaardigheidsontwikkelingsprogramme moet ook verstaan word in die konteks van ons strewe na volhoubaarheid en die behoeftes van die gemeenskappe waarin ons funksioneer. Hierdie programme is 'n respons op die toenemende behoefte vir die versorging onder kinders en jong mense wat geraak word deur die vigs-pandemie en die werklikheid van werkloosheid van swak gekwalifiseerde mense in benadeelde gemeenskappe. Verder bevorder dit die impak en relevansie van Abraham Kriel Kindersorg deurdat meer begunstigdes as in die vorige model bedien kan word met beskikbare fondse. |




