Die hoofbesigheid van die maatskappy is om kinderhuise te bedryf. Die hoofdoelwit van die maatskappy is die beskerming, versorging, ontwikkeling, opleiding en behandeling van kinders in residensiële sorg en die hereniging van die kinders met hulle gesinne en die gemeenskap; sowel as die lewering van voorkomende en ontwikkelingsdienste aan kinders en gesinne in die gemeenskap. Raad van Direkteure Die Abraham Kriel Maria Kloppers Kindershuis, handeldrywend as Abraham Kriel Kindersorg, is 'n Artikel 21 maatskappy, onder toesig van 'n Raad van Direkteure. Verantwoordelikheid van die raad van direkteure Die Raad se primêre verantwoordelikhede sluit in bepaling van die maatskappy se missie en waardes, strategiese riglyne, identifisering van sleutelrisiko-areas en sleutelprestasie- indikatore van die maatskappy se aktiwiteite. Dit bied ook oorsig van die maatskappy se prestasie gemeet aan ooreengekome doelwitte, bediening van advies en beheer oor betekenisvolle finansiële sake, sowel as 'n oorsig oor die prestasie van die uitvoerende bestuur gemeet aan gedefinieerde doelwitte. |




