|
Abraham Kriel Kindersorg (AKK) is 'n geregistreerde GPO (Non-profit organisation) in die Johannesburg-area en Oos-Rand in Gauteng. Ons passie lê in die optimale ontwikkeling van getraumatiseerde kinders wat versorging nodig het. AKK voorsien beide residensiële- en gemeenskapsorg en fokus daarop om skuiling, versorging en rehabilitasie aan kinders tussen die ouderdomme van geboorte tot 18 jaar te voorsien, wat onderwerp was aan trauma, mishandeling, molestasie, armoede en verwaarlosing. AKK bedryf tans 21 huise (insluitende 'n baba-eenheid) vir kinders en bied ses gemeenskapsversorgingsprogramme aan wat kos, skuiling, pastorale, maatskaplike en remediërende versorging aanbied, asook dienste vir vaardigheidsontwikkeling en vroeë kinderontwikkeling. Abraham Kindersorg sien om en sorg vir kinders in nood. Ons programme beoog om kwesbare kinders te beskerm op verskillende terreine en op verskeie maniere.
In al ons benaderings is ons verbind tot langtermyn, omvattende sorg wat al die kinders besonder aanraak en versterk sodat hulle die geleentheid het om produktiewe en vervullende lewens te hê. Besigheids doelwit
Raad van Direkteure Verantwoordelikheid van die raad van direkteure Raad van Direktuere Visie en misie |




