Wat is MySchool?Die MySchool fondsinsamelingsprogram is Suid-Afrika se nommer een ondersteunings-program aan die gemeenskap, noodsaaklike fondse vir skole, liefdadigheid en omgewingsorganisasies beskikbaar maak. Fondse word gebruik om onderwys en maatskaplike ontwikkeling in Suid-Afrika te verbeter. Jy kan 'n verskil maak aan 'n waardige saak, sonder dat dit jou 'n sent kos! Die MySchool- program samel meer as R2.2 miljoen per maand in vir die skole, liefdadigheids- en omgewingsorganisasies wat dit ondersteun. Abraham Kriel Kindersorg is een van die organisasies wat hieruit voordeel trek. Help ons om die gemeenskap te help. Hoe werk MySchool?Meer as 600 000 gemeenskap- georiënteerde Suid-Afrikaners gebruik MySchool- kaarte. Ondersteuners doen verniet aansoek vir 'n MySchool kaart en nomineer hul verkose skool of welsynsorganisasie as die begunstigde. Die kaart word dan gebruik wanneer aankope gemaak word by deelnemende kleinhandelaars. ʼn Klein persentasie van die transaksie word dan toegeken aan hulle begunstigde skool of welsynsorganisasie. Al hierdie transaksies word aangeteken en 'n verslag word aan al die individuele ondersteuners op 'n maandelikse basis gestuur. Die vennootwinkels betaal die skenking namens jou! Die ondersteunerkaart is nie 'n krediet-of debietkaart nie, dit hou slegs rekord van jou transaksies en die fondse wat met jou hulp ingesamel word. Ons versoek:- Doen aansoek vir so ‘n kaart en kies Abraham Kriel Kindersorg as jou welsynsinstansie. |




