header
Facebook Twitter

  Vakansievriende program

Inleiding

Abraham Kriel Kindersorg maak gebruik van 'n beleid om die seleksie en passing van ons kinders met vakansievriende te doen. Die beleid is ontwikkel en word toegepas binne die raamwerk van die wet, ons missie en die beste belang van ons kinders.

Doel van die vakansievriende program

Die Vakansievriende is ons vennote in die opvoeding en versorging van die kind en Abraham Kriel Kindersorg plaas baie vertroue in hierdie gesinne om 'n gesonde funksionerende gesinslewe aan die kinders te modelleer. Ons kinders behoort te leer hoe om 'n gesonde deel uit te maak van 'n gesin en hoe om normale gesins-interaksie, gesinsbande, familiepret en kontruktiewe gesinskonflik te hanteer, sowel as hoe om liefde en sorg te gee en te ontvang.

Kriteria vir Vakansievriende
Vakansievriende behoort in die volgende te voorsien:
  • Gesonde norme en waardes
  • Stabiele en opbouende gesinsomgewing - sou 'n paartjie nie getroud wees nie, behoort daar 'n verhouding van permanente aard te wees (deel van huishoudelike en ander verpligtinge)
  • Nie 'n behoefte of begeerte vir eie kind nie.
  • Nie 'n behoefte of begeerte aan 'n speelmaat vir eie kinders nie.
  • Wel 'n behoefte om 'n diens te lewer aan 'n kind.
  • Vermoë om aan 'n kind aanvaarding en goedkeuring te gee.
  • Gewilligheid en vermoë om 'n kind te hanteer wat waarskynlik getraumatiseerd is.
  • Het nie gewoontes wat nadelig is vir die kind se ontwikkeling nie, soos bv. die wangebruik van sekere middels.
  • Het geen kriminele rekord nie en was nie betrokke in 'n insident waar seksuele misbruik van 'n kind beweer was nie.
  • Volwasse, stabiel en vry van emosionele probleme.
  • Behoort regverdige en konsekwente aandag en dissipliene te gee.
  • In staat om kinders te stimuleer en ontwikkel om 'n gesonde lewenshouding te handhaaf en wenslike sosiale gewoontes aan te kweek.
  • In staat om as spanlid te werk tesame met die maatskaplike werker, huisouer en kind se eie familie.
  • Selfdissipline, self-motivering en gesonde selfvertroue word gesoek.
  1. Geen diskriminasie op grond van 'n persoon se geloofsoortuiging, seksuele oriëntasie en huweliksstatus word toegepas nie.
  2. Dit bly vir AKK belangrik om kinders so ver moontlik te plaas by mense met gesonde Christelike norme.
  3. Applikante moet 'n betroubare referent verskaf, wat hulle waardes en die gesondheid van hulle gesinslewe en die stabiliteit van die huislike omgewing kan bevestig.
Keuringsprosedure
  1. Applikante moet 'n vorm met hulle persoonlike inligting invul.
  2. Applikante moet 'n geskrewe verwysing in die voorgeskrewe formaat van AKK voorsien, sowel as 'n telefoonnommer waar die referent gekontak kan word.
  3. Applikante moet die Milon toets invul, wat dan deur 'n sielkundige nagegaan sal word.
  4. Sou die toets op probleme wys, sal die applikante deur 'n sielkundige gesien word vir verdere ondersoek. Die sielkundige sal dan 'n aanbeveling maak aan die maatskaplike werker.
  5. Die maatskaplike werker sal die gesin se predikant (indien van toepassing) kontak vir 'n telefoniese verwysing.
  6. Die maatskaplike werker sal 'n onderhoud voer met beide applikante.
  7. Die maatskaplike werker sal 'n aanbeveling maak by die kindersorg vergadering van 'n spesifieke kampus vir afhandeling en plasing.
Plasing van kinders by vakansievriende

Die volgende moet in aanmerking geneem word:

  1. Die voorkeur van vakansievriende t.o.v ouderdom en geslag
  2. Die gewilligheid en vermoë van vakansievriende om spesifieke gedrag en ander probleme te hanteer.
  3. Die vakansievriende se eie kinders en hulle ouderdomme.
  4. Die geloofsagtergrond van die kind en of die kind voordeel sal trek uit die geloofsoortuigings van die vakansievriende.
  5. Die behoeftes van die spesifieke kind en of die kind 'n gesin of 'n volwasse mentor benodig.

Die regte van 'n individu kan hier beperk word ten einde die beste belang van die kind te bevorder.

Sien die vakansievriende dekbrief.



VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years






































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC