header
Facebook Twitter

  Behoefte van AKK

"Nesskoppakkies" vir ons skoolverlaters

"Ons kan twee blywende nalatenskappe vir ons kinders gee. Die een is wortels, die ander vlerke." Hodding Carter

11 kinders verlaat ons nes hierdie jaar. Soos enige ouer is ons harte seer en is ons ook 'n bietjie opgewonde hieroor. Ons glo dat ons hulle wortels gegee het om as gevestigde jongmense in die wêreld te kan staan. En nou is dit tyd om hulle vlerke te gee sodat hulle kan vlieg en onafhanklik hulle eie drome nastreef. Om die nuwe lewenspad 'n bietjie makliker te maak sal ons hulle graag wil voorsien van "nesskoppakkies", soortgelyk aan die ketel wat jy geërf he

Ons wil hulle graag groet met die volgende items:

Strykyster
Ketel
Beddegoed & Kussing
Broodrooster / elektriese pan
Koffiebeker
Bord
Eetgerei
Bybel
Glase
Pan / pot
Skerp mes & houtlepel
Opskeplepel
Broodplank
Groenteskiller & rasper
Mengbak
Wasgoedmandjie

Indien u belangstel om 'n geldelike bydra te lewer, kontak ons gerus by: info@abrahamkriel.org

Ander Versoeke:

Baie van ons kinders het die geleentheid om gedurende die skoolvakansies saam met familie en vriende tyd deur te bring en tog is daar baie van hulle wat by die kinderhuis moet agterbly. Hier is maniere hoe u kan help:

  • Vakansie-uitstappie
  • R 200 sal aan een kind die geleentheid gee om op 2 stimulerende uitstappies gedurende die vakansie te gaan. 75 kinders – R 15 000 38 personeellede – R 7 600
Indien u 'n bydrae vir hierdie items wil maak kan u asseblief vir Adele by aks@abrahamkriel.org / (011) 839 3058 kontak deur eenvoudig die donasieknoppie te druk.
Gebruik asseblief die volgende verwysings, asook u selfoonnommer, wanneer u 'n betaling maak:
Vakansie11
  • 2 dogters moet dringend draaitjies kry. Hul ortodontis rekeninge sal R10 000 en R12 000 beloop - kontak ons asb indien u ons hiermee kan help.

Indien u kan help met enige versoeke, kontak by: info@abrahamkriel.org.

Vir 'n lys van ons basiese benodighede; kliek hier!




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years







































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC