header
Facebook Twitter


  BBBEE
BBBEE - Watter voordeel is daar vir jou?

Donasies aan Abraham Kriel Kindersorg kan waardevolle punte vir jou maatskappy verdien op die Sosio-Ekonomiese Ontwikkelingselement van BBBEE. Dit is

  • omdat meer as 75% van die begunstigdes van Abraham Kriel Kindersorg swart en voorheen benadeel is.
  • ook omdat alle uitgawes wat Abraham Kriel Kindersorg aangaan, die uiteindelike doelwit het om kinders te bemagtig om ekonomies onafhanlik te funksioneer as volwassenes.

Die rasse profiele van begunstigdes word nie doelbewus bestuur deur Abraham Kriel Kindersorg nie. Ons lewer diens waar die nood die grootste is en fokus die afgelope jare daarop om uit te brei na kinders in desperate nood, wat wees gelaat is as gevolg van MIV/Vigs. Die situasie is ook vloeibaar, maar in die afgelope jaar het statistieke gewissel tussen 76% en 83% swart.

Om die punte te verdien, benodig u die volgende:

  1. 'n Seksie 18/A belastingkwitansie van Abraham Kriel Kindersorg om te bewys dat jy 'n bona fide donasie gemaak het.
  2. 'n Brief, geteken deur die uitvoerende hoof van Abraham Kriel Kindersorg, waarin die begunstigde profiel ten tye van die donasie aangeteken is.
BYKOMENDE VOORDEEL:

Siende dat jy nou wel die seksie 18/A belastingkwitansie in jou besit het, kan jy netsowel dit saam met jou belastingopgawe indien, sodat jy die belastingvoordeel kan geniet. Kliek hier vir meer..

WAT AS?
  1. Wat gebeur as jy bv. 'n skildery gekoop het by 'n fondswerwingsfunksie vir Abraham Kriel Kindersorg, of inderdaad indien jy moes betaal vir kaartjies om die geleentheid by te woon?
    • Ons sal jou nie 'n seksie 18/A belastingkwitasie kan gee nie, want dit kwalifiseer nie as 'n donasie in die oë van die SARS nie.
    • Ons kan jou wel 'n kopie van ons eie BBBEE sertifikaat gee, wat aandui dat ons 'n vlak 2 bydraer is tot BBBEE, dit beteken jy kan 125% van dit wat jy op AKK spandeer het onder die aankope element van BBBEE tel.

HOE JY OOKAL DAARNA KYK, JY KAN NIE VERLOOR DEUR ABRAHAM KRIEL KINDERSORG TE ONDERSTEUN NIE. DIE BESTE DEEL HIERVAN IS EGTER DAT KINDERS IN NOOD AL DIE PAD WEN, VAN HIER TOT IN DIE TOEKOMS…




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC