header
Facebook Twitter

  "Drop-in" sentra

Abraham Kriel Kindersorg bedryf twee “drop-in” sentra, een in Zola en 'n ​​ander een in Emdeni, Soweto. Maatskaplike werkers, remediërende onderwysers en beraders is gestasioneer by die sentra sodat meer as 180 kinders ten alle tye gehelp kan word met hul probleme en behoeftes.

Wat doen ons?

  • Opvoedkundige Ondersteuning - Die ontwikkeling van hierdie kinders bly van primêre belang as ons die siklus van armoede en siekte wil breek. Stappe word geneem om te verseker dat kinders skool bywoon. Wanneer dit kom by die pre-primêre onderwys, beteken dit gewoonlik dat ons verantwoordelikheid neem vir inskrywing en skoolgeld. Ons verseker ook dat die kinders voldoende skoolklere en skryfbehoeftes het.
  • Ons bied 'n holistiese diens, insluitende fisiese, emosionele, opvoedkundige, sosiale /ontspannings-en geestelike ondersteuning aan die kinders.
  • Kos word daagliks voorsien. Dit sluit in: ontbyt wat bestaan uit pap, 'n gebalanseerde middagete, twee vrugte en toebroodjies.
  • Gesondheidsorg sluit in besoeke aan plaaslike klinieke en toesig van die medikasie.
  • Terapie sluit rou-terapie en lewensvaardighede in.
  • Armoedeverligtingprojekte bestaan uit groentetuine en kralewerk.
  • Partytjies en uitstappies is deel van die dienste wat ons bied, as en wanneer die geleentheid hom voordoen.
Hoe maak dit ʼn verskil?
  • Kinders se punte en konsentrasie verhoog by die skool en is te danke aan 'n voldoende dieet en die stimulasie wat hulle kry deur weeklikse musieklesse.
  • Kinders wat eens te swak was om te loop, kan nou wonderlike interaksie geniet met ander kinders by die sentrum.
  • Met die lewensvaardighede wat hy geleer het, het 'n tienerseun besef hy moet meer verantwoordelik wees oor naweke.
  • 'n Kind wat 'n geliefde as gevolg van MIV / vigs verloor het, het 'n skouer om op te huil en baie ondersteuning.
  • 'n Kleintjie se gesig wat wat toegesmeer is met ʼn heerlike middagete is van onskatbare waarde!




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years





































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC