|
Die tuis-sorgprogramme sorg vir 350 MIV/Vigs- geaffekteerde kinders in Westbury en Soweto en verskaf families met gebalanseerde gekookte etes elke dag. Die maaltye word by die Langlaagte Kampus voorberei en daagliks na die kinders se huise geneem. Maatskaplike werkers is binne bereik van die kinders se huise of plakkershutte gestasioneer en help hulle met ID-aansoeke, toegang tot ARV- behandeling, maatskaplike toelae-aansoeke, berading en verrykingsprogramme terwyl kindersorgwerkers 'n wakende oog hou oor die kinders in die programme. Hoe maak dit ʼn verskil?As die langslopende gemeenskapdiensprogram kan meer suksesstories gerapporteer word. Meer as 229 kinders is uit die program ontslaan, hetsy as gevolg van plasing by familielede elders, of omdat die suksesvolle aansoek om toelaes hul situasie genoeg verbeter het vir die gesin om onafhanklik te funksioneer. In sommige gevalle was ouer broers en susters gehelp om betaalde werk te kry. Baie kinders is in pleegsorg geplaas. Gas-ouers word voortdurend verseker vir families. 'n Struktuur is opgerig gemeubileer en omhein vir die Ncaphayi- familie. Die titel-akte vir die Nomngenge- familie se eiendom is verseker. Sowat 20 jeugdiges het vaardigheidsopleiding ontvang en is daarna in poste geplaas. Twee meisies is opgelei in entrepreneursvaardighede by Vista Universiteit. Kinders bly voordeel trek uit die middagklasse, en remediërende onderrig. |




