header
Facebook Twitter

  Gemeenskapdienste
Sorg aan kinders en gesinne in die gemeenskap

Dit het ingesluit die voorsiening van holistiese en omvattende versorging aan kwesbare MIV/Vigs geïnfekteerde en geaffekteerde gesinne, met die fokus op gesinne waar 'n kind aan die hoof staan, om hulle lewenskwaliteit te bevorder en om hulle te help om onafhanklik te funksioneer en 'n bydrae tot die samelewing te maak.

Die gemeenskapsdienste het uit die volgende bestaan: Abraham Kriel Familiesorg in Westbury (150 kinders), die Steinhoff Uitgebreide Familieprogram in Soweto, insluitende die Zola "Drop-in" Sentrum (300) en die Emdeni "Drop-in" Sentrum (75).

Voedingonderstreuning

Gekookte maaltye sowel as vrugte en kospakkies, is aan 525 kinders voorsien. Daar is ook aan ander basiese behoeftes voldoen, soos die voorsiening van klere en komberse.

Opvoedkundige ondersteuning

Dit was aan behoeftiges gesinne gebied en het skoolklere, skryfbehoeftes, kleuterskoolfooie, naskoolse tuiswerktoesig en remediërende klasse ingesluit. Sommige begunstigdes het toiletware ontvang sowel as riglyne vir persoonlike higiëne. Twee studente het beurse ontvang vir tersiêre onderrig.

Gesondheidsdienste

Dit het ingesluit: vervoer en ondersteuning om gesondheidsorgfasiliteite by te woon, psigo-sosiale ondersteuning vir mense met MIV/Vigs; servikale kanker-inenting; motivering vir mense om die ARV-behandeling te gebruik; medikasie vir minder-ernstige mediese simptome soos griep, hoofpyne en vel-irritasies.

Pastorale dienste

Dit het ingesluit dat drie gesinne berading ontvang het as gevolg van sterfgevalle; konflikoplossing vir 14 gesinne; geestelike ondersteuning vir 255 gesinne; hospitaalbesoeke aan 15 kliënte (kinders); hulp met die oordrag van Titel-aktes vir 6 gesinne.

Maatskaplike dienste

Dit het ingesluit: die opname van nuwe persone in die program; berading vir 50 kinders vir stokkiesdraai; berading vir jeugdiges met misdadige of minagtende gedrag; verwysings na die Johannesburgse Kinderwelsyn Vereniging (JCWS), Familie en Huwelik Vereniging van Suid Afrika (FAMSA), Mense teen mishandeling van vroue (POWA), Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteit-agentskap (SASSA), Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Dwelm-afhanklikheid (SANCA) en Geestelike Gesondheid; lewensvaardigheidsessies met 29 tieners; 'n Kindersorgforum met 50 kinders; bywoning van netwerkvergaderings; en groepwerk vir die UOWP-werkers (Uitgebreide Openbare Werke Program). Twee kinders het sielkundige dienste by die Zola Kliniek ontvang. Drie tieners het rehabilitasieterapie by SANCA ontvang. Na opvoedkundige assessering het dertig kinders remediërende klasse ontvang.

Ontspanningdienste

Dit het ingesluit: orkesklasse vir 20 kinders; 'n skoonheidskompetisie; besoeke aan die dieretuin, Gold Reef City, McDonalds' Farm; betrokkenheid by netbal, sokker en tradisionele danse.

Vrywillige dienste

Verskeie goedhartige mense het gehelp met ondersteunende besoeke aan kliënte (kinders), kombuisdienste; groentetuine, kralewerk, 'n sopdag, en opleiding in rekenaarvaardighede.




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years



























































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC