| Ten spyte van die verskeidenheid van opsies, kan 'n aantal kinders in residensiële sorg weens erge trauma nie aanpas in hoofstroom skoolopleiding nie. Hul probleme is emosioneel eerder as intellektueel. Om dié rede het Impak Skool by die Langlaagte Kampus begin, waar die kinders met erge trauma woon. By hierdie skool het ongeveer 40 kinders die geleentheid om te leer sonder die gevaare dat hulle sal uitreageervan reaksie op sosiale druk. Die doel is om hul terapeutiese programme te ondersteun, hul akademiese, emosionele en geestelike vermoëns te versterk, sodat hulle uiteindelik teruggeplaas kan word in hoofstroom onderwys. |




