header
Facebook Twitter

  Emdeni Vaardigheidsontwikkelingsentrum

Die Vaardigheidsontwikkelingsentrum het opleiding voorsien aan 54 jeugdiges wat ons versorgingsprogramme verlaat en wat van die Emdeni-gemeenskap en omliggende voorstede kom. Die doel is om dit vir hulle moontlik te maak om hulle eie mikro-besighede te vestig en om toegang tot werksgeleenthede te kry.

Opleiding het op twee sub-programme gefokus, nl. die kweek van groente in hidroponiese tonnels sowel as eindgebruikers-vaardighede vir rekenaars. Die opleiding is SETA-geakkrediteer en word onderskeidelik in samewerking met Robin Good Initiatives en Siyafunda Community Technology Centres gedoen.

Die uitbreiding van die program is beperk deur die feit dat geen befondsing deur die Department van Maatskaplike Ontwikkeling toegeken was nie. Befondsing is egter vir 2010/2011 goedgekeur, wat ons in staat sal stel om die opleiding uit te brei om spyseniering-, besigheids- en lewensvaardighede in te sluit. 'n Gemeenskapskennissentrum sal ook gevestig word om as 'n hulpbronsentrum vir die gemeenskap te dien.




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC