Vroeëkinderontwikkelingsentrum |
|
Abraham Kriel Kindersorg het as 'n voorkomingssprogram in die Johanna Malan Vroeë-Kinderontwikkelingsentrum (JMKS) geïnvesteer om te voldoen aan 'n behoefte vir bekostigbare kwaliteit vroeë-kinderontwikkeling. Die sentrum is in 2004 herregistreer en lewer gehaltediens aan voorskoolse kinders tussen die ouderdomme 2-7 jaar om in hulle fisiese-, sosiale- en onderrigbehoeftes te voorsien. 'n Totaal van 115 kinders het die sentrum bygewoon gedurende die finansiële jaar. Die Graad R-klas is by die Onderwysdepartement geregistreer en die twee ander klasse is by die department van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer as 'n Vroeë Kinderontwikkelingsentrum. Die personeel bestaan uit 'n skoolhoof (gekwalifiseerde voorskoolonderwyseres); een gekwalifiseerde onderwyseres vir die Gr R-klas en twee semi-gekwalifiseerde onderwyseresse, twee assistente en drie ondersteuningpersoneellede |




