header
Facebook Twitter

  Langlaagte Kampus

Langlaagte Kampus het voorsien in die fisiese behoeftes van 106 kinders in tien verskillende eenhede in terme van kos, klere en woonplek. Ses spesialiseenhede funksioneer volgens individueel voorgeskrewe programme ten einde die spesifieke behoeftes van die kinders in daardie eenheid aan te spreek. Twee eenhede voorsien sorg vir kinders wat kognitief laag funksioneer en ook intensiewe aandag benodig. Twee eenhede voorsien tydelike sorg aan kinders voor of ná hulle in spesialisprogramme geplaas is.

  • Mediese dienste: Vier kinders het gespesialiseerde tandesorg ontvang van 'n ortodontis. Agt kinders het behandeling vir velprobleme ontvang. Spraakterapie en arbeidsterapie is voorsien deur twee gekontrakteerde terapeute. Drie kinders het anti- retrovirale medikasie ontvang. Hulle vordering is gemonitor deur maandelikse besoeke aan die Viro Kliniek. Een seun het gesterf as gevolg van VIGS. Die ander kinders het goeie vordering gemaak. Inentings van al die kinders is op datum gebring by hospitale. Psigiatriese Dienste is voorsien deur die Coronation Hospitaal en die Raheema Moosa Hospitaal. Tara Hospitaal en Weskoppies Hospitaal het ook bystand verleen met die assessering en behandeling van vyf kinders.

  • Pastorale Dienste: Hierdie dienste is gelewer deur Vergesig Gemeente en die voltydse jeugwerker op die kampus.

  • Sport: Die kinders het deelgeneem en sommiges het uitgeblink in skoolsport soos atletiek en rugby. Drie hoërskoolseuns speel rugby vir die eerstespanne van hulle onderskeie skole. Sestien kinders het deelgeneem aan 'n plaaslike Judo klub. Een seun is gekies vir die Gauteng-span. Drie meisies is deel van 'n elite groep wat gaan deelneem aan die Jeugspele in 2012. Twee meisies het 'n vakansiekamp met perdry- terapie bygewoon. Drie seuns het gekwalifiseer ná 'n intensiewe duikkursus wat aangebied is deur die SAPD se duikdivisie.

  • Vrywilligers: Volwassenes het bystand verleen in 'n wye verskeidenheid aktiwiteite soos Brein-gim, duikinstruksie, kunsklasse, sportaktiwiteite, uitstappies, kategese en meer. Vooggemeentes het bystand verleen met instandhouding en vryetydsbesteding vir sommige huise. Vrywilliger studentegroepe het gehelp met instandhoudingsprojekte by verskillende huise.

  • Opvoedkundige dienste: Die kinders het die volgende skole bygewoon: Impak Skool (30); Impak Skool onder voogskap van Dalmondeor Primêr (20); Hamlet Opleidingsentrum vir verstandelik gestremde kinders (34); Langlaagte Tegniese Skool (5); Florida Hoërskool (2); Hoërskool President (6); Mondeor Hoërskool (1); Randeor Skool (1); Roodepark Skool (5); TC Esterhuizen Primêr (1); Dalmondeor Primêr (1)

  • Maatskaplike dienste: Hierby ingesluit is die inname van nuwe kinders (27); die plasing van kinders (36); ontwikkeling van Individuele Ontwikkelingsplanne (60); samestelling van statutêre verslae (40); aanbieding van panele en ander multi-dissiplinêre spanvergaderings (130); lewensvaardigheidsprogramme aan groepe kinders (7); terapiesessies met kinders (80), nuwe vakansievriendeplasings (3); pleegsorgplasings (2); hereniging met ouers (9). Dertien kinders is ontslaan na hulle hofbevele op die ouderdom van 18 verstryk het.



VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years





























































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC