header
Facebook Twitter

  Sterre samel fondse in vir die kinders van
   Abraham Kriel

Op 15 September het van Suid-Afrika se grootste persoonlikhede saamgetrek by die asemrowende en vyfster- gekrediteerde "Scarlett Ribbon" in Edenvale om fondse in te samel ten bate van die opvoeding van kinders in die sorg van Abraham Kriel Kindersorg (AKK). Die doel van die funksie was om R500 000 in te samel om die onkostes van 800 kinders in AKK se sorg te dek. Om dit moontlik te maak het ʼn klompie maatskappye en individue tafels gekoop teen R15 000 per tafel.

Die tema vanjaar was "Charlie and The Chocolate Factory" met die idee dat diegene wat die funksie bygewoon het vir kinders ʼn "Golden Ticket" koop vir die lewe deur ʼn bydrae te maak tot hulle onderrig. Die seremoniemeester was die wenner van Survivor Suid-Afrika, Hykie Berg. Hykie (as Willie Wonka) is ondersteun deur sy Survivor- opvolger, Letshego Moshoeu. Gaste is vermaak deur bekendes met ʼn hart vir kinders in nood, onder andere Willem Botha, Thabo Hlongwane, Heinz Winckler en Charlize Bergh. Van die kleuters van AKK het ook die aand opgetree as Oompa Loompas. "Hierdie gebeurtenis is 'n hoogtepunt in die lewens van die kinders wat deelneem en, ons hoop dat hulle prestasies soveel vreugde aan ons gaste bring as wat dit aan ons bring om elke dag ʼn verskil in die lewens van kinders te maak" sê Annamart Viljoen, maatskaplike fondsontwikkelaar van Abraham Kriel Kindersorg. "Stars for Charity" is 'n jaarlikse geleentheid om fondse in te samel vir die opvoeding van kinders in die sorg van AKK. Opbrengste gaan na vroeë kinderjare opvoeding, skoolgeld, programme vir die ontwikkeling van vaardighede vir jong volwassenes en tersiêre studies. Onderwys is die noodsaaklike bestanddeel in die ontwikkeling van kinders om produktiewe lede van die samelewing te word. Die grootste deel van die organisasie se befondsing vir hoëronderwys word gegenereer deur hierdie geleentheid, waar plaaslike bekendes hul tyd skenk om gaste te vermaak en saam te kuier.




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
Subscribe
Happy Years















































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC