|
Makietie 2011
Die Saterdagoggend voor sonop het die Makietie begin. Die verjaarsdagkoek van 10,9m moes versier word, die kosstalletjies moes opgerig word, vure moes aan die gang kom en eindelose take moes afgehandel word. Die atmosfeer was elektries. Toe die kinders begin aankom kon mens die opgewondenheid en verwagting op hulle gesigte sien. Die dag was vol belofte vir pret en verrassings vir almal. Teen 10:00 het die kinders van al die verskillende programme met baniere begin stap. Hierdie kleurvolle baniere was met groot toewyding geverf. Oorlogskrete het weerklink terwyl die kinders gestap het en die dag se feestelikheid begin het. Foto's
Baie dankie vir:
En laastens, maar nie die minste nie, al die vrywilligers wat hulle tyd en energie aangebied het om op die dag te help. Daar was genoeg om almal te trakteer en waar mens ookal geloop het, was kinders besig om te eet en hulleself te geniet, want dit was immers hulle dag. Teen 14:00 was dit opruimtyd, die dag was verby, maar die kinders was gelukkig met vuil gesigte, vol magies en moeg, maar tevrede. 2011 se Makietie is verby en ons sien uit na hierdie jaar se 110de verjaarsdagfees! |





