header
Facebook Twitter

Koester ‘n kind regdeur die jaar

Geen speelding of geskenk kan werklik kompenseer vir die afwesigheid van geliefdes nie. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons kinders liefde en vertroue het in diegene wat verantwoordelik is vir hulle versorging. Die versorgers se teenwoordigheid moet kompenseer vir die mamma wat nooit opdaag nie en die pappa wat hulle nie ken nie.

Die kinderversorgers by Abraham Kriel Kindersorg is die kinders se familie. Met dit in gedagte moedig ons u aan om ʼn kind regdeur die jaar te koester deur ʼn "mamma" of "pappa" te borg vir een dag elke week. Met ʼn donasie van slegs R60 per maand kan u die "Maandag-mamma" of "Naweek-pappa" wees.

Andersins kan u ons ook op die volgende maniere ondersteun:

2. Vakansie-uitstappies

Oorweeg 'n uitstappie vir die kinders in plaas van 'n partytjie. Daar kan gereël word dat groepe kinders in verskillende getalle en ouderdomme, van verskillende kampusse/huise of programme, gehaal word. Die alternatief is dat u R100 per kind borg vir ten minste een stmulerende uitstappie gedurende die vakansie.

3. Geskenkpak vir 'n familie
Baie van ons kinders in die Westbury- en Soweto-gemeenskappe woon in haglike omstandighede. Help ons met enige tipe geskenkpak om die families gedurende die vakansie te help. Kliek hier vir geskenkpak-idees.

4. Geskenkbewyse

Geskenkbewyse is baie populêr onder die tieners. Voorbeelde van geskenkbewyse is: Mr Price. Ackermans. Pick 'n Pay, Game/Makro ens.

Kontak ons met enige voorstelle.




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
Subscribe
Happy Years















































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC