header
Facebook Twitter

  Kinderjare

Om ouer te wees, is nie kinderspeletjies nie en dit word elke dag meer gekompliseerd. Kinders kom by die dag en op al hoe jonger ouderdom voor die aanslag van die media, bemarkers, dwelmhandelaars en ander gevare te staan. Hierdie boek dien as gids vir die kinderjare, voor tienerskap toeslaan. Dis ʼn tydige hulpmiddel.

Geen boek kan ooit voorskryf hoe jy jou kind moet grootmaak nie. Al wat dit kan doen is om rigting aan te dui terwyl jy en jou kind jul unieke verhouding bou en om handige inligting te gee oor die uitdagings wat julle saam sal ondervind – van leerprobleme tot sosiaal-aanvaarbare gedrag in ʼn uiteenlopende samelewing.

Abraham Kriel Kindersorg glo dis die moeite werd om in die toekoms van Suid-Afrika se kinders te belê. Die boek word uitgegee in erkenning van die eeufees van die Maria Kloppers Kampus – ʼn afdeling van AKK – en getuig van die unieke gees van dié se stigter. Maria Kloppers het geglo kinders het liefde nodig en haar lewe daaraan toegewy om vir kinders lief te wees. Ten tye van haar dood was sy 'Mamma' vir 2,000.

Please contact us to purchase your copy of Happy years




VISA


Telephone: 011 839 3058
Newsflash
• Gholfdag
• Donateurtoer
  11 Mei
Subscribe
Happy Years
Subscribe































Terms & Conditions     |    Search Site map    |    Contact    |    Copyright of Abraham Kriel Childcare    |    Design and development by MSC