|
|
Daar word lankal geglo dat die kinders wat in AKK se sorg is, meer nodig het as skuiling en kos. Hulle benodig liefde, versorging, leiding en rehabilitasie om selfonderhoudend te kan lewe. Dit sal hulle bemagtig om positiewe bydraers in die gemeenskap te word en daardeur die siklus van armoede, geweld en mishandeling te breek om 'n gesonder samelewing te skep. AFRIKAANSE BYDRAES ONDER KONSTRUKSIE. HOU HIERDIE SPASIE DOP! Sien ons korporatiewe video: |
|
Kalkoenfees - Tee uitnodiging
Nuwe Seisoene vir ons kinders. Ons huidige finansiële situasie
Jy het Abraham Kriel Kindersorg in die verlede ondersteun en ons gee graag erkenning aan jou welwillendheid en vrygewigheid. Ons neem die vrymoedigheid om hierdie e-pos aan jou te stuur om ons huidige finansiële situasie te deel, want ons weet jy gee om vir kinders in nood. Teen die einde van Oktober 2011 het ons reeds 'n ontstellende tekort van R2.6 miljoen in die gesig gestaar. Dit is die gevolg van 'n dramatiese toenemende vermindering in donasies sedert April 2011, wat toegeskryf kan word aan huidige marktoestande. Inkomste uit die korporatiewe sektor is besonder hard getref. Ons pas streng dissipline toe om uitgawes te beheer en slaag steeds daarin om die 1 000+ kinders en jeugdiges in ons sorg te dien, danksy reserwes wat in 2010 opgebou is. Wees verseker dat ons kinders wel die feesseisoen versorg is danksy skenkings van kersgeskenke wat reeds ontvang is. Abraham Kriel Kindersorg maak steeds die verskil wat jy wil sien deur kinders tot gebalanseerde volwassenes te ontwikkel, wat sal bydra tot die toekoms van ons land. Ons doen dit vir mishandelde -, verlate - en weeskinders wat honger is vir kos, liefde en kennis. Die kontantvloei situasie vanaf Januarie 2012 lei egter tot ernstige kommer. Ons vra ons donateurs om ons dringend te help om die uitdaging die hoof te bied! Maatskappye kan betekenisvol voordeel trek op hulle B-BBEE telkaarte en ons bied ook 'n belastingvoordeel vir donasies. In die gees van Kersfees vra ons: "Deel hierdie pleidooi met enkele eensgesinde vriende en kollegas - ons is werklik desperaat vir al die finansiële hulp wat ons kan kry." Ons glo dat die gety kan draai met die hulp van mense wat omgee en hopelik kan ons in ons volgende e-pos in 2012 net ons seëninge met jou deel!
Dankbare groete Koester 'n kind regdeur die jaar
Geen speelding of geskenk kan werklik kompenseer vir die afwesigheid van geliefdes nie. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons kinders liefde en vertroue het in diegene wat verantwoordelik is vir hulle versorging. Die versorgers se teenwoordigheid moet kompenseer vir die mamma wat nooit opdaag nie en die pappa wat hulle nie ken nie. Die kinderversorgers by Abraham Kriel Kindersorg is die kinders se familie. Met dit in gedagte moedig ons u aan om ʼn kind regdeur die jaar te koester deur ʼn "mamma" of "pappa" te borg vir een dag elke week. Met ʼn donasie van slegs R60 per maand kan u die "Maandag-mamma" of "Naweek-pappa" wees. Andersins kan u ons ook op die volgende maniere ondersteun: |






